Verlepte Liefde

Posted: August 15, 2013 in Current
Tags: , , ,

Dit maak nie saak of mens dit ten toon stel in jou moedertaal of ‘n internationale taal nie, maar die mensdom hunker na die taal van liefde gedurende hul leeftyd.

Soos wat ek voorheen geskryf het, het liefde verskillende vorme en intensiteite wat wissel van familie en vriendskap tot sielsvennote en geliefdes.  Liefde is ons moderne tuin van Eden. Dit is ‘n eko-stelsel vol van mikro-organismes tot die grootste biologiese skeppings.  Dis ‘n skepping van harmonie. Maar soos enige tuin verg dit aandag om te groei.

Verder is liefde die perfekte balans van gee en ontvang soos fotosintese – Die son verskaf die lig, en in ruil verskaf die plante suurstof.  So leef die liefde voort. Liefde is verdraagsaamheid, vergifnis en verg baie geduld.

Maar sodra mens die tuin net laat staan, raak die liefde soos ‘n verlepte blom wat geen nut het nie… dit dien geen doel en mors net plek waar ‘n nuweling kan opskiet.  Die feit van die saak is dat in ons moderne lewe, het mense nie meer tyd vir liefde nie, en die wat steeds erg in dit glo, dit moeilik vind om aan iemand te erken hoe hulle voel.  Menigte kere sien mense die uitlating van emosies van sulke dieptes uit die hart, as ‘n grap en dit word nie ernstig opgevat nie.

Mens skroei daardie woorde en maak mens bang om dit weer te sê.  Ek het in my verlede menigte male my mond gehou en maar aanvaar dat menses al weet hoe ek voel.  Maar soos mens groei het ek myself weer toegelaat om lief te hê.  Dit is nie altyd maklik nie, en tot onlangs toe het ek onttrek sodra iemand te naby aan my hart gekom het.

Nou vind ek myself in a tuin wat harde werk nodig het om die skade wat ek aangerokken het, te herstel.  Ek het nou onlangs besonderse mense verloor en dit het ‘n stukkie woestyn geskep in hierdie voorheen mooi tuin.  Hoop is min dat ek hierdie skade sal kan herstel. En elke keer as ek daardie leegte sien wat ek self geskep het, maak dit van voor af seer.

Liefde is ‘n taal; ‘n energie; ‘n wondergawe.  Moet dit nie verloor nie en moet dit nie vanselfsprekend aanvaar nie. Gee aandag daaraan en sien die vrugte wat jy sal kan pluk van alles wat jy insit.  En indien jy die voordeel het om liefde te ervaar in jou huidige omstandighede, geniet dit vir die wonderwerk wat dit is.  Liefde is orals rondom ons: familie, vriende en iemand wat jou hart gesteel het.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s