Jack Parow feat Die Heuwels Fantasties – Tussen Stasies

Posted: June 14, 2011 in Lyrics
Tags:

Ek het al baie goed verloor en dit nooit ooit weer gevind nie
Ek het al baie vir my ma gese ek is nie meer ‘n kind nie
Die lewe is te hard en ek verstaan nie meer die punt nie
Ek staan langs groot hoop hout maar ek het nie meer ‘n flint nie
Ek kry koud op my eie, ek soek eintlik net ‘n klein bietjie warmte
Almal is ryk van die liefde en ek’s al weer die armste
Sommige dae voel ek of ek doodgaan van die hongerte
Daars ‘n lee kol in my maag waar ek wegkruip in die donkerte
Ek’s gebreek van binne soos al my speelgoed van toe ek klein was
As ek vandag wegstap sal al my goed pas in ‘n klein tas
Ek soek net ‘n klein tydjie sodat ek die as van my kan afwas
Maar die soldate op die muur bombardeer my met traangas
Ek le onder ‘n lappieskombers en probeer nog blokkies aanlas
Maar daar’s ‘n kwaai oom langs my bed en hy sê vir my staan vas
So ek trek die kombers oor my kop en le oop voete
En stap die lang pad in my pa se groot skoene

As ons staan op einde van die langpad langs die spoor
Daars net donkerte daarvoor, ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar’s net stilte wat ek hoor
Hou my hand styf vas lanks jou sy
Is jy nog lief vir my?
sal jy my by die hemelpoorte kry?

Ons hou vas aan mekaar maar niemand gaan ooit regtig joune wees nie
Ons skryf briewe vir mekaar wat ons nooit regtig lees nie
Want daar’s altyd een verloorder in russian roulette
Ek moet uitgaan ek moet werk maar ek sit vas in die bed
Ek stap rond en soek sitplek in leë gebouens
Ek probeer myself vind in drank en leë verhoudings
Ek sit en skryf gedigte maar word my gedigte digkuns
En ek skree volle bors in die aand met my kop in die kussing
Ek le vir ure in die bad met my kop onder die water
Ek slaap elke oggend laat want die wereld kan wag tot later
Ek moet wag nie aanbeweeg onslae raak van my gevoelens
Hoe ek stap ek raak meegevoer met aksies sonder bybedoelings
Ek sit alleen op een punt van die wipplank
Ek bid al weer vir een sitvlak, maar ek sit lank
En wag vir iemand om op te spring aan die eenkant
Maar die vingers van my gevoelens krap diep in my verstand

As ons staan op einde van die langpad langs die spoor
Daars net donkerte daarvoor, ek staan en bewe
Dit raak swarter en daar’s net stilte wat ek hoor
Hou my hand styf vas lanks jou sy
Is jy nog lief vir my?
sal jy my by die hemelpoorte kry?

Ek het al ver gewen en baie ver verloor
Ek het al baie gevoel of die lewe my versmoor
(Sal jy my by die hemelpoorte kry)
Ekt al baie gesit op die bokant van ‘n berg
Ekt al baie gesit in die voorkant van die kerk

Vat my terug na die langkloof en my ouma se plaas
Ek wil saam met my suster die skape in die kraal injaag
Ek wil sit op my oupa se skoot en stories hoor van die verlede
Ek wil rondhardloop in die gras tot ek lam word in die knieë

Ons staan en luister hoe die Here en die duiwel oor ons stry
Die hartseer is verby
Op die ou-eind is al wat ek wil hoor rol oor jou tong
Jy wil by my bly
Sal jy my by die hemelpoorte kry?

Advertisements
Comments
  1. elzaanvw says:

    LOVE LOVE LOVE die song !!!

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s